SUID AFRIKAANSE RESEPTE
KEURIGE KAMPKOS & ANDER MAKLIKE RESEPTE

Foto van 'n lekker potjie wat stadig prut op die kole © Johan vd Walt Foto van 'n keurige kampkos in 'n potjie © Johan vd Walt


BOSKOS EN ALLEGAARTJIES

Wildlife South Africa CC beoog om op hierdie bladsy vir julle ‘n versameling van Suid Afrikaanse resepte aan te bied. Dit is keurige kampkos en ander maklike resepte.

Alhoewel dit meestal op boskos gerig is, kan meeste van hierdie resepte ook in die kombuis voorberei word.

Dit gaan meestal oor tradisionele veldkos en ander kampgeregte, wat jy sommer in ‘n japtrap kan aanmekaarslaan en voorberei. Behalwe resepte van vriende asook ou familieresepte, hoop ons ook om resepte van verskillende streke in Suid Afrika in die hande te kry. Party van hierdie resepte is al baie oud maar ons wil dit in die hande kry, afstof en hier met julle deel.

Wat is nou lekkerder as ‘n stil aand, gesellige kampvuur, ‘n koue biertjie of glasie wyn byderhand, goeie vriende en ‘n lekker paar skaaptjops wat sis op die vuur. In die kole is daar ‘n paar aartappels in foelie en langsaan twee swart ysterpotjies met pap en sous daarin. Of wat van ‘n lekker potjie wat so stadig prut daar op die kole en dan so net vir die atmosfeer, die gebrul van ‘n leeu naby die kamp. Of by die see waar ‘n vars elf, galjoen of snoek oopgevlek op die rooster oor die kole lê en braai. Dis mos die lewe!

Gebruik hierdie resepte net as ‘n riglyn, dis al wat dit is en miskien spoor dit jou aan om by te voeg en te verander nes dit jou pas, solank jy die voorbereiding geniet en die kos lekker smaaklik is.

Ons nooi julle uit om vir ons julle gunsteling resepte te stuur, sodat ons dit hier met almal kan deel – kontak ons.


MAKLIKE SLAAI VIR ‘N WARM DAG IN DIE BOSVELD
Selfs leeus eet so nou en dan gras en dis nou net ‘n goeie bewys dat mens nie net van vleis kan lewe nie.
RUMPSTEAK INGELÊ EN GEBRAAI OP DIE KOLE
Lekker sag en baie smaaklik!
BOONTJIESOP VIR DIE KOUE WINTERMAANDE
Geniet die heerlike sop terwyl jy lekker knus en warm voor die kaggelvuur kuier.
PATAT IN FOELIE OP DIE VUUR
Dit kan baie warm word in die bosveld……….
SPEKROLLETJIES VOORGEREG

Die vuurtjie is aan die brand en terwyl jy aan ‘n lekker koue enetjie sluk, kan jy solank vir almal so ‘n ietsie laat proe.

BRAAIBROODJIE – DARREL SE SPOOKASEM
Dis nou mos maklik sal almal sê, want elke Jan Rap en sy maat kan mos maklik, of so sê hulle, ‘n broodjie braai.
SAMPIOEN MET LEKKER ROOMKAAS MENGSEL

Hier volg ‘n maklike resep vir sampioen op die vuur of vir die oond.

PAPTERT MET SAMPIOEN, SPEK EN KAASVULSEL

Maak die gereg saam met braaivleis of net so op sy eie.

HALWE PERE MET JOGHURT EN ROOMKAAS VULSEL

Lekker vir ‘n voorgereg en net so lekker vir ‘n nagereg.